Ons is dol oor die Amerikaanse tradisie van skooljaarboeke, veral as ons afkom op grinterige kiekies waarop ons gunsteling-glansmense se tienergesigte verewig is.

Kan jy raai watter glansmens dit is deur na hul skooljaarboekfoto te kyk? Geen kullery nie! Die antwoorde is onder.

Hierdie komediant is een van Amerika se mees geliefde geselsprogramaanbieders. Sy het ook haar stem geleen vir die vergeetagtige vis Dory in Pixar se lokettreffer, Finding Nemo en die opvolg, Finding Dory.

Foto: Magazine Features

Hy was eens die opperbevelvoerder, maar hierdie pa van twee geniet nou ’n welverdiende ruskans.

Foto: Magazine Features

Hierdie Brits gebore aktrise het in lokettreffers soos The Impossible en King Kong verskyn. Gelukkig hou sy deesdae van minder oordadige haarstyle.

Foto: Magazine Features

Hierdie skattige meisie was waarskynlik reeds ’n bekende gesig op die kassie toe die oulike kiekie geneem is. Die popster, wat maar ongelukkig is met die liefde, is deesdae ’n ma van twee seuns en tree in ’n baie suksesvolle konsertreeks in Las Vegas op.

Foto: Magazine Features

Hy is gelukkig! Het jy nog ’n leidraad nodig? Die Amerikaanse rapper, sanger en liedjieskrywer het onlangs saam met Suid-Afrikaanse sterre in ’n advertensieveldtog vir Woolworths verskyn.

Foto: Magazine Features

Sy is nou 59, maar hierdie Amerikaanse aktrise is nog net so beeldskoon soos toe sy op hoërskool was. Sy is beroemd vir haar rolle in treffers soos Scarface, Batman Returns en Dangerous Minds.

Foto: Magazine Features

Die singende superster is ’n mag om mee rekening te hou in die musiekbedryf – en haar ego is glo net so groot soos haar hare eens was. Wel, sy is een van die topverkoper-opnamekunstenaars ooit.

Foto: Magazine Features

Hierdie superster-sangeres en liedjieskrywer is die bekendste daarvoor dat sy ’n lid van die Fugees was. Sy is onlangs deur tronkstraf in die gesig gestaar vir belastingontduiking.

Foto: Magazine Features

Hierdie akteur was voorheen die sexyste vrygesel in Hollywood. Nou verwag hy ’n tweeling saam met sy pragtige vrou wat ’n menseregte-aktivis is.

Foto: Magazine Features

Die tydskrif Rolling Stone het die rapper voorheen die “King of Hip-Hop” genoem en hy was een van die topverkoper-kunstenaars van die 2000’s. Ongelukkig was hy die afgelope ruk baie stil.

Foto: Magazine Features

Hierdie komplekse sangeres was die oorspronklike rolskaatsmeisie. In 2015 het sy onthul Lyme-siekte is by haar gediagnoseer.

Foto: Magazine Features

ANTWOORDE:

1. Ellen DeGeneres, 2. Barack Obama, 3. Naomi Watts, 4. Britney Spears, 5. Pharrell Williams, 6. Michelle Pfeiffer, 7. Mariah Carey, 8. Lauryn Hill, 9. George Clooney, 10. Eminem, 11. Avril Lavigne

– Magazine Features