papaUntitled

Om die pot aan die kook te hou begin hulle hul dienste as privaat speurders uithuur. Hul eerste saak is om ’n gewilde Afrikaanse sanger wat skielik verdwyn het, op te spoor. Baie vinnig besef Malletjie en Rocky dat daar heelwat meer agter die verdwyning skuil.

Met die hulp van ’n misdaadverslaggewer krap hulle ’n nes van onheil in die Afrikaanse musiekbedryf oop. Intussen probeer Malletjie ook om vir sy verswakte ouma en haar troeteldiere, insluitende Pik die veelseggende papegaai, te sorg . . .

Soos die titel dit duidelik maak, is hierdie ’n rowwe boek en sensitiewe lesers sal beslis geskok wees.

Engelbrecht weet egter hoe om humor, satire, spanning en intrige te verweef in ’n storie wat so genotvol geskryf is dat ek dit eenvoudig nie kon neersit nie.

Die taalgebruik is uitstekend, die karakters en situasies uniek en die beskrywings van ’n verkrummelende Johannesburg pragtig gedetailleerd. Ek kan dit sterk aanbeveel vir oopkop lesers.

* Deur Theunis Engelbrecht. Umuzi. R162