In die video laat hang die klein planmaker sy een been oor die kant van die bed om te kyk of hy aan die grond kan raak. Toe hy besef dis te hoog, sit hy en oorweeg ’n oomblik lank die moontlikhede. Hy kyk rond na wat tot sy beskikking is en kry ’n blink plan.

Die baba se ouers het die video gelaai met die opskrif: “My seun die genie . . . Baba leer!” Sedertdien is die video al meer as ’n miljoen keer gekyk deur mense wat graag die “babagenie” in aksie wil sien.

(NS: Let op hoe hy sy fopspeen op die vloer gooi net voor sy groot ontsnapping.)

Bronne: mirror.co.uk, rare.us/story