Met ’n behaaglike sug sink Marita van der Vyver neer in ’n stoel by ’n straatkafee in Seepunt, Kaapstad.

Selfs die Suidooster kry haar nie onder nie. Sy het die vorige dag uit ’n koue Frankryk aangekom en is maar net te bly dat sy dit betyds tot by die lughawe kon maak deur die sneeukombers wat die ganse Europa in Februarie bedek het.

Die Kaapse Dokter is ’n lammetjie in vergelyking met die winde wat haar huis op die rand van ’n dorpie op die Franse platteland teister, vertel sy met ’n sonnige glimlag. Suid-Afrika se lieflingskrywer is slank, aantreklik

en kennelik gelukkig – die lewe in Frankryk saam met haar man, Alain Claisse, en hul “laslapgesin” van vier kinders

doen haar goed.

Marita moet tydens haar warrelwindbesoek aan haar geboorteland behoorlik kophou, want sy het lanklaas so baie ysters in die vuur gehad. Daar is die toneelstuk van haar boek Vergenoeg wat op die KKNK gedebuteer het, daar’s ’n TV-fliek (saam met Huisgenoot en kykNET) aan die kom van haar bekroonde jeugboek Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom, daar’s ’n kinderboek met illustrasies deur Piet Grobler en ’n kookboek wat later vanjaar verskyn.

En dan ook die “baba” wat haar die naaste aan die hart lê, ’n splinternuwe roman, Dis Koue Kos, Skat.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 13 Mei 2010.