As dit nog nie met jou gebeur het nie, is die kans goed dat jy iemand ken met wie dit wel al gebeur het.

Jou aandag word afgetrek terwyl jy in die kombuis doenig is om kos voor te berei. En jy vergeet die kastrol met kookolie op die stoof. Eers as jy vlamme gewaar, besef jy hier’s groot fout. En jou eerste instink is waarskynlik om water op die vlamme te gooi. Verkeerd. Beslis nie met ’n olie-vuur nie.

In hierdie geval is water is letterlik soos nog meer olie op die vuur. Dit hits eenvoudig net die vlamme aan. Dit is beter om die suurstof van die vlamme te probeer verwyder deur iets soos ’n ander pan of deksel op die brandende pot te sit.