Hoe goed het jy na die week se groot stories opgelet? Speel saam en kyk wat jy alles onthou!

As jy vasbrand, sal jy dalk ’n leidraad of twee in die foto’s hierbo kry. En moenie ons opsomming van verlede week se uitslag onder die vasvra misloop nie – julle het sommer twee vasvra-rekords verbeter!

VERLEDE WEEK . . .

Verlede week het julle nie net ’n rekord-gemiddelde punt behaal nie – vir die eerste keer in die jaarlange geskiedenis van die nuusvasvra was daar ’n vraag wat deur elke enkele deelnemer korrek beantwoord is!

  • Die vraag wat die beste beantwoord is: Altesaam 100 persent van julle het geweet die Kaapse skole is vir ’n dag gesluit weens ’n geweldige storm wat op pad was.
  • Ander vrae wat ook deur meer as 90 persent deelnemers korrek beantwoord is: die Franse rugbyspan se bynaam is die Hane, en wyle Johann Botha het onder meer die TV-program 50/50 aangebied.
  • Die vraag wat die slegste beantwoord is: Net 42 persent het geweet dat die Universiteit van Kaapstad as die top-universiteit in Afrika beskou word. Baie mense het gemeen dit was Universiteit Stellenbosch – Stellenbosch word egter volgens die nuutste QS-ranglys beskou as die tweede beste universiteit op ons vasteland en dus ook in SA.
  • Die gemiddelde punt was 72 persent (10,73 uit 15), wat ook ’n nuwe rekord is vir die gewone weeklikse vasvra.