Snotkop het ’n miljoen geslaat, Elana het weer ma geword, Kobus het in die sop beland en Serena het haar ousus getroef. En uit Amerika het ’n heel nuwe begrip gekom: alternative facts.

Ken jý die verskil tussen alternatiewe en ware feite? Dan sal jy uitstekend vaar in vandeesweek se nuusvasvra!

Rol, soos altyd, tot onder die vasvra om te sien hoe verlede week se deelnemers gevaar het.

Foto (regsom van links): Snotkop, Kobus Wiese, Elana Afrika en Serena Williams

Bronne: huisgenoot.com, you.co.za, netwerk24.com, timeslive.co.za, huffingtonpost.co.za, dailymaverick.com, bbc.com, abc.net.au, slate.com, nytimes.com, washingtonpost.com

VERLEDE WEEK . .  .

Het altesaam 97 persent van julle geweet Ford Kuga het modelle onttrek omdat die enjins oorverhit en aan die brand kan slaan (die vraag wat deur die meeste mense korrek beantwoord is).

Het net 28 persent geweet dat pres. Wladimir Poetin Russiese prostitute as die beste in die wêreld bestempel het (die vraag wat die minste mense reg gehad het). Dit was na aanleiding van bewerings dat pres. Donald Trump tydens ’nbesoek aan Moskou saam met Russiese prostitute gefuif het.

Was die gemiddelde punt 55 persent – taamlik minder as die vorige week se 67 persent! Ons hoop dit gaan vandeesweek beter.

Is die nuusvasvra te moeilik en moet ons dit makliker maak? Laat weet gerus deur 'n e-pos te stuur na joan.vanzyl@media24.com.