Die begroting, optogte, nuwe planete, dierdramas . . . dit het alles die afgelope week opspraak gewek. Weet jy hoekom? Toets jou nuuskennis!

Rol tot onder die foto om die uitslag van verlede week se nuusvasvra te sien.

Foto, regsom van heel links: Anneline Kriel in haar Mej. Wêreld-jaar (1974), Leon Schuster, die mooie me. Yende, ’n weeskatjie wat nou ’n werklikheid-TV-ster is.

VERLEDE WEEK . . . 

Het altesaam 97 persent van julle geweet Cézanne Visser se bynaam was Advokaat Barbie.

Het net 23 persent van julle geweet diefstal is die algemeenste misdaad in SA. Die meeste mense het geraai dit was moord.

Was die gemiddelde punt 66 persent.