Vandeesweek was daar geen tekort aan nuus nie: Die vermeende bylmoordenaar Henri van Breda het uiteindelik in die hof verskyn, ’n video deur ’n jong Kaapse danser en choreograaf het wêreldwyd opspraak gewek, ons het gehoor hoe ’n Krugersdorpse hond geskiedenis gemaak het . . .  

Voltooi ons nuus-vasvra hieronder om te kyk hoe goed jy opgelet het – of om vinnig op hoogte te kom van die interessante stories wat jy dalk misgeloop het.

In verlede week se vasvra:

Het 4,2% van julle ál 15 vrae nuusvrae korrek beantwoord; baie geluk!;

Het 87% van julle geweet die hare-en-rasse-herrie het by Pretoria High School for Girls uitgebreek (die vraag met die meeste korrekte antwoorde);

Het 44% van julle gemeen tekens van lewe is op die planeet Proxima b ontdek (al is Proxima b die planeet wat die meeste soos die Aarde is, is daar nog nie lewe gevind nie); en

Het julle ’n gemiddelde punt van 58% behaal!

!