’n Moordkomplot teen pres. Zuma, rugbyskande, ’n skattige pienkvoetjie en die mooiste maan in 68 jaar was alles vandeesweek op die nuus-spyskaart.

Is dit vir jou ou of nuwe nuus? Voltooi ons interaktiewe vasvra en kyk hoe op hoogte jy van die afgelope week se gebeure is – of kom te wete wat jy dalk misgeloop het!

Rol af om die uitslag van verlede week se vasvra te sien.

Foto, regsom van bo: Angelique Gerber en Jacques Potgieter (Instagram), David Mahlobo (GovernmentZA), supermaan (Pixabay), Chad le Clos (Wikipedia)

Bronne: huisgenoot.com, netwerk24.com, bbc.co.uk, space.com

VERLEDE WEEK . . .

Het altesaam 93% van julle geweet dat Brian Molefe ná die staatskapingsverslag uit Eskom bedank het (die vraag wat deur die meeste mense korrek beantwoord is).

Het net 44% geweet Donald Trump se privaat vliegtuig heet die T-Bird.

Het julle gemiddeld 61% gekry (9,16 uit 15), wat baie goed is!