Watter kabinetsministers wil van pres. Zuma ontslae raak en wie staan bankvas agter hom? Watter rugby-unie is nou ook in die rooi? Wat gebeur as ’n prinses op ’n partytjie vol sterre ’n swaard begin rondswaai? Watter beroemde ruimtevaarder het in die Moederstad kom draai?

As jy die antwoorde op hierdie vrae ken, is jy beslis geen koue vis nie! En as jy hulle nie ken nie, is dit nou jou kans om op hoogte te kom deur ons vasvra te voltooi.

Soos altyd: Rol tot onder die vasvra om te sien hoe julle verlede week gevaar het. Foto (regsom van links): Rolene Strauss (Instagram), pres. Jacob Zuma (wikimedia), Amor Vittone (promosiefoto) en prinses Beatrice (Carfax2 - Own work, CC BY-SA 3.0)

VERLEDE WEEK . . .

Het 96% van julle geweet Mark Lottering spuit sy hare met Doom as kommentaar op ’n Limpopo-kerkleier wat lidmate se siektes behandel het deur hulle met die insekdoder in die gesig te spuit.

Mark spuit sy hare met Doom

Het net 36% van julle geweet die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal het "epogwisseling" as hul woord van die jaar gekies. Die meeste het gedink dit was "Zupta".

Was die gemiddelde persentasie 67% (9,4/14), wat baie goed is!

LAAT HOOR VAN JOU!

Ons verwelkom jou kommentaar oor en voorstelle vir die weeklikse nuusvasvra! Stuur dit gerus na joan.vanzyl@media24.com.