Dis naweek, wat beteken dis tyd om jou nuuskennis te toets!

Hoekom is ’n senior regsman gyselaar gehou in ’n raadsaal van die SA Inkomstediens? Watter bisarre tonele het Donderdagdagmiddag in die chaotiese vergadering van die Nelson Mandelabaai-metroraad afgespeel? Wie het ons land van die sportafgrond teruggeruk?

Vul ons interaktiewe vasvra in en kyk hoe goed jy vandeesweek se opskrifte dopgehou het – of kom op hoogte van nuus wat jy dalk misgeloop het.

Foto, regsom van heel links: Bobby van Jaarsveld, Christo Davids, Lindsay Lohan, Springbok-rugbybal

Bronne: huisgenoot.com. netwerk24.com, nytimes.com, slate.com, bbc.co.cuk, washingtonpost.com, you.co.za, abc.net.au

VERLEDE WEEK . . .

Het altesaam 94 persent van julle geweet die Curriebeker-eindstryd het in Bloemfontein plaasgevind (die vraag wat deur die meeste mense korrek beantwoord is).

Het net 41 persent geweet die SA stad met die meeste miljoenêrs en biljoenêrs is Johannesburg (die vraag wat deur die meeste mense verkeerd beantwoord is). Die meeste mense het gedink dis Kaapstad.

Het julle gemiddeld 68 persent gekry vir die vasvra (9,5 uit 14) - dis uitstekend!

Kry 'n kykie agter die vasvraskerms en gaan loer na die volledige uitslag van verlede week se vasvra.