Baie geluk, huisgenoot.com-gebruikers! Julle het uitstekend gevaar in  verlede week se nuus-vasvra.

Julle is ware nuushonde, hoor! ’n Gemiddelde punt van 73 persent sit nie in enigeen se broek nie. Kyk gerus hier hoe julle slim mense verlede week gevaar het.

Nou is dit ’n nuwe week, met nuwe kwelvrae. Hoe het Britney Spears amper gesterf? Hoekom lê Derick Hougaard in die hospitaal? Waarom is ons held Wayde van Niekerk in die pekel?

As jy die antwoorde op dié vrae en nog meer ken, spring weg en voltooi vandeesweek se nuusvasvra. Selfs al ken jy nie die antwoorde nie, moet jy steeds die nuusvasvra aanpak – jou oë sal rek oor die verstommende en soms bisarre nuusbrokkies van die afgelope week!