Dis weer tyd vir ons weeklikse nuusvasvra . . . En nee, ons gaan nie vra wie die Amerikaanse verkiesing gewen het nie!

Dit was omtrent ’n week ryk aan nuus, van politieke dramas hier en oorsee tot sporthoogte- en laagtepunte, om nie te praat nie van die groot onsteltenis in die wonderlike wêreld van Switserse sjokolade. Voltooi die interaktiewe vasvra hieronder en kyk hoe goed jy dié week opgelet het, of kom op hoogte van stories wat jy dalk misgeloop het.

Rol tot onder die vasvra om te sien hoe deelnemers verlede week gevaar het.

Foto (regsom van links bo): Wayde van Niekerk, Donald Trump, Kagiso Rabada, Bobby en Karlien van Jaarsveld

Bronne: huisgenoot.com, netwerk24.com, nytimes.com, washingtonpost.com, africannewsupdates.com

VERLEDE WEEK . . . 

Het 85 persent van julle geweet dat Patrick Lambie kaptein was van die Springbokspan wat teen die Barbarians gespeel het (die vraag wat deur die meeste mense korrek beantwoord is).

Het net 4o persent geweet die hewige gevegte in Irak om ISIS van hul laaste vastrapplek in daardie land te ontneem, het in Mosoel plaasgevind (en vind steeds daar plaas).

Was die gemiddelde punt vir die vasvra 58 persent.