Watter onheilighede het alles uit die Openbare Beskermer se staatskapingsverslag gepeul? Wat weet ons van prins Harry se nuwe meisie? Watter geraamtes val uit Amerikaanse klerekaste noudat die presidentsverkiesing 'n paar dae ver is? 

Hoe goed het jy die week se nuus dopgehou? Voltooi ons interaktiewe vasvra en vind uit - en kom op hoogte van interessante brokkies wat jy dalk misgeloop het.

Rol tot onder die vasvra om verlede week se uitslag te sien.

Foto, linksom van links bo: JP Duminy, raaiselfoto, prins Harry, Hillary Clinton

Bronne: huisgenoot.com, media24.com, slate.com, nytimes.com, washingtonpost.com, bbc.co.uk

VERLEDE WEEK . . . 

Ons kry soms kritiek dat ons vrae oor sterre nie regtig nuus is nie, maar (kug) verlede week was ’n vraag oor 'n ster die een wat deur die meeste mense korrek beantwoord is . . . altesaam 83 persent van julle het geweet Bobby van Jaarsveld was in die hospitaal om ’n jel by sy stembande te laat inspuit.

Maar die vraag met die minste korrekte antwoorde was ook oor ’n ster. Net 30 persent van julle het Bill Murray op die foto herken. Altesaam 64 persent het gemeen dit was Tom Hanks. Wat net onderstreep hoekom die foto so vinnig soos ’n virus op sosiale media versprei het - mense kon eenvoudig nie besluit of dit Tom of Bill daarop is nie.

billmurray

Die gemiddelde punt in verlede week se vasvra was 58 persent.