Studente-opstande duur onverpoos voort,  ’n aardbewing het  ’n deel van Suid-Afrika geskud, ’n predikant het die tonge los gehad, Theuns Jordaan is nie  ’n gelukkige man nie, en dan was daar natuurlik die Curriebeker.

As jy weet waarvan ons praat, vul gerus ons vasvra in en kyk hoe jy vaar  – of kom op hoogte van die week se nuusstories wat jy dalk misgeloop het.

Rol tot onder die vasvra om te sien hoe lesers verlede week gevaar het.

Foto, regsom van heel links: Amor Vittone, Rolene Strauss, Theuns Jordaan, Thuli Madonsela.

 VERLEDE WEEK . . . 

Het altesaam 97% van julle geweet die Gautengse tiener Mundolene Vosloo is in skokkende omstandighede op Mauritius dood (die vraag wat deur die meeste mense korrek beantwoord is).

Het net 39% van julle geweet die nuwe VN-sekretaris-generaal, António Guterres, kom van Portugal af.

Het julle 'n gemiddelde punt van 62% behaal. Dis baie goed!

Lees ook: Die volledige uitslag van verlede week se vasvra