Watter SA kampusse hou kop bo water en watter nie? Watter bisarre dinge het Hlaudi en The Don al weer kwytgeraak? Hoekom glimlag Eloise Cupido van oor tot oor? En AB de Villiers nie? En die groot kwelvraag van die week: HOEKOM LYK CHARLIZE SKIELIK SO VET?

Voltooi ons vasvra om te kyk hoe goed jy die afgelope week se nuus dopgehou het, en om op hoogte te kom van wat jy dalk misgeloop het . . .

Rol tot onder die vasvra om te sien hoe lesers in verlede week se vasvra gevaar het.

Foto's, regsom van links: Eloise Cupido, AB de Villiers, Charlize Theron en Donald Trump.

Verlede week:

Het 87% van julle geweet Game of Thrones het die Emmy vir beste drama gewen. Dis die vraag wat deur die meeste mense korrek betantwoord is.

Het net 24% van julle geweet die Amerikaanse Centers for Disease Control het 'n waarskuwing uitgereik dat dit lewensgevaarlik kan wees om babakatjies te troetel (die vraag wat deur die minste mense korrek beantwoord is). Altesaam 70% het gemeen dis hasies wat so gevaarlik is! Katte – veral babakatjies – het 'n seldsame bakterie in hul mond en kloutjie wat Bartonella henselae genoem word. As ’n katjie jou krap, kan jy weens die bakterie katkrapsiekte opdoen, wat koors, tamheid, kopseer en geswelde limfknoppe kan veroorsaak. In uiterste gevalle kan dit breinswelling, hartsiektes en die dood veroorsaak.

Het julle gemiddeld 50% behaal.

Aan al die vasvra-betotteldes

Sal julle dit verkies dat ons by elke vraag 'n verduideliking van die antwoord voeg? Ons doen dit op die oomblik nie omdat dit die vasvra dan baie lank maak. Laat ons weet op die Facebook-kommentaar onderaan die skakel na die vasvra, of stuur e-pos na joan.vanzyl@media24.com.