Van Kim Kardashian se selfie-sug en Joost se hofdinge tot politieke dramas en skandale . . . voltooi ons interaktiewe vasvra en stel vas hoe goed jy na die afgelope week se gebeure opgelet het!

Rol tot onder die vasvra om te kyk hoe lesers in verlede week se nuusvasvra gevaar het.

Foto's, regsom van links: Kim Kardashian, Joost van der Westhuizen, Nadia Beukes en Ntando Mahlangu.

Verlede week . . . 

Het altesaam 89% van julle geweet die opspraakwekkende bylmoorde het op Stellenbosch plaasgevind, en 85% het geweet Johan Botha is die beroemde SA tenoor wat aan kanker oorlede is. Dis die twee vrae wat deur die meeste deelnemers korrek beantwoord is.

Het net 34% geweet Freddy Mercury se 70ste verjaardag is gevier deur ’n asteroïed na hom te noem (die vraag wat deur die minste deelnemers korrek beantwoord is). Die idee om die asteroïed te noem het gekom van ’n mede-lid van Queen, Brian May, wat in sy ander lewe ’n astrofisikus is.

Was jul gemiddelde punt 64%, wat baie goed is!

Het 56% van julle volle punte in die nuusvasvra behaal.

Kyk hier na die volledige uitslag.