Hier’s drie leidrade vir vandeesweek se nuusvasvra: Man Down het net R120 (7 pond) by die loket verdien, die Gupta-familie het ’n interessante verhouding met Suid-Afrikaanse wetgewing, en Helen Zille wag nog om te hoor . . .

Dis al wat ons gaan verklap! Voltooi die vasvra en kyk wat jy alles van die afgelope week se nuus onthou.

Rol soos altyd tot onder die vasvra om verlede week se hoogte- en laagtepunte te sien.

Foto (regsom van links): Jack Parow, Kendall Jenner, Melinda Bam en oudpres. Kgalema Motlanthe.

Onthou: Die feit dat iemand op die foto verskyn, beteken nie sy of haar naam is die korrekte antwoord op die betrokke vraag nie!

VERLEDE WEEK . . 

Het altesaam 84 persent van julle geweet die DA se reaksie op Helen Zille se kolonialisme-twiets was om tugstappe teen haar in te stel - die vraag wat deur die meeste deelnemers korrek beantwoord is. Het net 22 persent geweet die grootste oorsaak van kanker is toevallige kopieerfoute in ons DNS. Die meeste mense het gedink dis leefstyl.

Was die gemiddeld 64 persent (9,64 uit 15)