Suid-Afrika het die afgelope week  twee krediet-afgraderings net-net vrygespring, maar watter gradering verdien jou nuuskennis? Voltooi ons  interaktiewe nuusvasvra en kyk of jy op AAA- of rommelstatus staan . . .

Rol tot onder die vasvra om te sien hoe deelnemers aan verlede week se vasvra gevaar het.

Foto (linksom van bo): Vir die Voëls-sangeres, Sylvester die rondloperleeu, Oscar Pistorius, Marc Lottering met sy kannetjie Doom

Bronne: huisgenoot.com, netwerk24.com, bbc.co.uk, nytimes.com, washingtonpost.com, snopes.com, abc.net.au, slate.com

VERLEDE WEEK . . . 

. . . was baie moeilik! Die gemiddelde persentasie was net 54 persent (7 uit 13).

. . . het altesaam 84 persent van julle geweet Angelique Gerber en Jacques Potgieter se eersteling is in Japan gebore (die vraag wat deur die meeste mense korrek beantwoord is).

. . . het net 34 persent van julle geweet dat as Suid-Afrika met die kernkragprogram voortgaan, dit ons in die omgewing van R1 triljoen uit die sak sal jaag.

LAAT HOOR VAN JOU!

Is jy een van die nuushonde wat elke week ons nuusvasvra invul? Ons verwelkom jou kommentaar en voorstelle! Stuur dit gerus na joan.vanzyl@media24.com.