Die tonge het die afgelope week omtrent geklap oor kolonialisme, die SASSA-skandaal, die Statebondspele, nóg ’n verregaande rooftog en ’n nuwe Afrikaanse spanningsfliek.

Klink dit bekend? Dan sal jy goed vaar in vandeesweek se vasvra. Maak dit nie juis sin nie? Voltooi dan die vasvra en kom tjoeftjaf op hoogte van die week se groot stories.

Rol tot onder die vasvra om verlede week se uitslag te sien.

Foto (regsom van links): Morné Steyn, Joe Mafela, Leandie du Randt, Helen Zille

Let wel: Net omdat iemand op die foto hierbo is, beteken nie sy naam is die korrekte antwoord in die vasvra nie!

VERLEDE WEEK . . .

Het ’n verstommende 99 persent van vasvra-deelnemers geweet dat die Kaapstad-fietswedren weens ’n stormsterk wind gekanselleer is.

Het net 41 persent geweet die ikoniese rotsboog wat ineengestort het, was op die eiland Malta.

Was die gemiddeld ’n allemintige 74 persent (11,04 uit 15).