Welkom by ons weeklikse nuusvasvra!

Dit was in baie opsigte ’n bisarre nuusweek, van voortslepende intriges by die SAUK tot ’n regte lykshuis-riller. Dankie tog vir die minibus-taxi’s, wat ons vir ’n slag warm om die hart laat voel het . . .

As jy weet waarvan ons hierbo praat, sal jy goed vaar in vandeesweek se nuusvasvra. Indien nie, vul dit gerus in om op hoogte van die jongste nuus te kom!

Foto (regsom van links): Sophía Vergara (wikicommons); Joseph Shababala, stigter van Ladysmith Black Mambazo (nou afgetree; Drum); Rolanda Marais (Facebook); Victor Botha as ’n Star Wars-death trooper (promosiefoto).

Bronne: huisgenoot.com, netwerk24.com, maroelamedia.co.za, bbc.com, abc.net.au, washingtonpost.com

VERLEDE WEEK . . .

Het altesaam 93 persent van julle geweet Amor Vittone het haar buiging in die sepie 7de Laan gemaak.

Het net 27 persent van julle geweet die ruimtevaarder wat eers in Kaapstad gekuier het, toe Suidpool toe is en toe met 'n noodvlug na  ’n Nieu-Seelandse hospitaal vervoer moes word, was Buzz Aldrin, die tweede mens ooit op die maan (die vraag wat deur die minste mense korrek beantwoord is). In een van daardie ongelooflike toevalle is die naam van Buzz se dokter in Nieu-Seeland dr. David Bowie - dieselfde naam as die sanger wat so deur  vroeë ruimteverkenning geinspireer was dat hy sy beroemde treffer Space Oddity sowat ’n week voor die eerste maanlanding die lig laat sien het!

Was jul gemiddelde punt 59 persent, wat nie sleg is nie.

LAAT HOOR VAN JOU!

Ons verwelkom jou kommentaar oor en voorstelle vir die weeklikse nuusvasvra! Stuur dit gerus na joan.vanzyl@media24.com.