Toe ek die MySchool Dream School-wiskundeonderwyser, Nozi Bonje, ontmoet, het ek gedink sy was een van die leerders. Dit het gelyk of sy 16 kan wees!

Sy het ook gelyk na ’n model. Nozi lyk soos ’n pop, met haar mooi ronde gesig en groot, donker oë. Daar is iets aan hoe sy haarself dra ook, wat haar so mooi maak. Daarby het sy ’n stil soort grasie, soos ’n ballerina, wat haar baie wyser as haar jare laat lyk.

Dus kon ek nie my ore glo toe Nozi haar verhaal aan die Dream School-kinders vertel nie. As jy gisteraand se aflewering misgeloop het, hier is dit in ’n neutedop: Toe Nozi nog ’n tiener was, het haar pa haar ma doodgeslaan.

“My pa het baie gedrink,” het sy aan die kinders vertel, “en hy het baie met my ma baklei. Baie. Daardie naweek het hulle weer soos gewoonlik baklei, en toe maak my pa my ma dood. Ek het dit alles sien gebeur. Hy het haar geslaan met alles wat hy in die hande kon kry.”

Destyds was Nozi deel van die Grey Absa Academy, ’n intensiewe akademiese vakansieprogram vir belowende leerlinge van minder bevoorregte skole in Bloemfontein. Die program was onder beheer van Johan Volsteedt, toe die skoolhoof by Grey-kollege (en nou ook die Dream School-skoolhoof).

Nozi het klasse misgeloop ná haar ma se dood, en Johan was reg om haar uit te skop. Maar hy het vinnig van plan verander toe hy hoor wat met haar gebeur het. Hy het haar gehelp om ’n beurs te kry by Hoërskool Eunice, ’n vooraanstaande meisieskool in Bloemfontein.

Nozi het floreer, dermate dat sy ’n beurs kon kry om menslike molekulêre biologie aan die Universiteit van die Vrystaat te studeer.

Om meer te lees oor Nozi en wat met haar gebeur het kan jy my volle artikel in die jongste Huisgenoot, YOU en DRUM lees.

’n Mens sou dink dat iemand wat deur al daardie trauma gegaan het sal ’n moeilike, geslote mens wees. Maar nie Nozi nie. Sy het aangebied om die Dream School-leerders te vertel wat met haar gebeur het, selfs al was dit ontsettend traumaties om weer daardeur te moes gaan, want sy het gedink dit sal hulle ’n bietjie perspektief gee, dalk selfs vrede.

Dit was duidelik op in se episode dat sy reg was. Haar storie het werklik ’n hartsnaar aangeraak by die kinders en dit het die emosies laat uitkom wat hulle almal weggesluit het, waar dit selfbejammering en bitterheid geword het.

Al die Dream School-kinders gaan deur hul eie pyn, en baie van dit is deur hul eie familielede veroorsaak. Nozi het hulle gewys hoe belangrik dit is om mense te vergewe wat jou seergemaak het.

Dit was baie moeilik vir haar om haar pa te vergewe. “Maar ek het dit nie vir hom gedoen nie,” sê sy vir hulle, “ek het dit vir myself gedoen. Want as jy vasklou aan al die haat, gaan dit nie vir hom seermaak nie. Dit gaan jóú seermaak.”

Ek dink daardie woorde het ’n ommeswaai in die lewe van ’n hele paar van die MySchool Dream School-kinders gebring.

-Kirstin Buick

Die Huisgenoot-skrywer Kirstin Buick was op die stel van Dream School en kon op ’n afstand kyk na alles wat aangaan. Bly op die hoogte met haar weeklikse blog vir eksklusiewe agter-die-skerms-inligting.

Kyk vanaf 13 October elke Sondag om 17:00 na MySchool Dream School op M-Net, M-Net HD, Mzanzi Magic and M-Net Series.

Lees meer: www.dreamschool.co.za