Savour the Moment is die derde roman dié in Nora Roberts se Bride-reeks van vier boeke.

Die reeks handel oor vier beste vriendinne wat ’n uiters suksesvolle troubeplanningsonderneming bestuur.

Elke boek fokus op ’n ander vriendin se werk, geskiedenis, verhouding met die ander drie, en natuurlik haar liefdeslewe.

In die eerste boek, Vision in White, het ons die troufotograaf Mackensie Elliot leer ken.

Tweede, in Bed of Roses, was dit die bloemisEmma Grant se beurt en nou is die troukoekbakker Laurel McBane onder Roberts se vergrootglas.

In Savour the Moment is Laurel al van kleintyd af verlief op haar vriendin Parker se broer, en hy bly in haar gedagtes maal.

As jy van troues hou, sal jy dié boeke verslind, en in hierdie een bestee ons baie tyd saam met Laurel terwyl sy pragkoeke bak.

Savour the moment deur Nora Roberts

Piatkus, R205

Ons dink: 3/5