'n Jong argitek van Johannesburg, Katerine Immelman, se lewe word omver gegooi toe haar suster, Lilliane, siek word.

Met haar dood erf Katerine nie net haar suster se huis in Kaapstad nie, maar ook haar tienerdogter, Karyn, aangesien Karyn se pa en sy nuwe vrou met hul baba in Tanzanië woon.

Dit is natuurlik ’n reuse omwenteling in Katerine én Karyn se lewe en waar hulle nog altyd ’n goeie verhouding gehad het, is die nuwe verhouding van “ma” en dogter een wat hulle voel-voel aanpak.

Huis teen die Skuinste het egter verskeie ander karakters om diestorie vol te maak.

Daar is Katerineen Lilliane se ma, Marelene, ’n weduwee wat van Mosselbaai na Hermanus trek, maar gereeld die pad

vat om wyd en syd te gaan kuier.

Daar is ook Kate, die vrou wat jare tevore die susters op Mosselbaaihelp grootmaak het, pastoor Arnold wat spesialiseer in sterwensbegeleiding, Leonora Knobel wat ’n argitek vir haar en haar man se huisteen die hange van Higgovale soek, Jamine met die baie kinders wat in die huis langs Katerine intrek en Katerine se ekskêrel Philip.

Maar dit is meer as net ’n verhaal oor ’n vrou wat haar suster se dogter erf en die mense in hul lewens.

Dit is ’n verhaal oor verlies, verhoudings en daardie siekte sonder naam.

Dit is ’n boek vir stadig lees.

Die sinne is vol en die beskrywings baie. Die dialoog is met tye ongeloofwaardig.

Wat ook gepla het, is wanneer Engelse woorde gebruik is en nie in kursief geplaas is nie. Jy moet dus ’n sin soos “ . . . daarvoor is jy te smart” twee keer lees om te weet dit is smart en nie smart nie.

En ek dink die voorblad is ’n bietjie lig in die broek en dus misleidend.

Dit is goed om weer iets uit Marietjie van Rooyen se pen te lees. Sy mag maar meer gereeld skryf!