Hierdie boek is oorspronklik deur Dorling Kindersley uitgegee en is getrou aan hul styl dus omtrent soos ’n ensiklopedie propvol foto’s en wemelend van interessante feite. ’n Jong seun of meisie met ’n voorliefde vir dans sal gek wees hieroor.

Soos te verwagte word die klassieke dansvorms bespreek, onder meer ballet, baldans en moderne dans. Hier’s inligting oor die geskiedenis, oor van die voorste prima ballerinas, en selfs die ballet Romeo en Juliet word kortliks bespreek.

Maar meer onverwags is disko, hip-hop, straatdans, b-boying en briekdans. Hier word onder meer gekyk na The Car Man wat deur die opera Carmen geïnspireer is, maar deur die choreograaf Matthew Bourne omskep is in ’n moderne dansstorie wat in die 1960’s in Amerika afspeel.

Die betowerende boek is geskik vir kinders van alle ouderdomme. – ELNA VAN DER MERWE

My Groot Boek oor Dans (Lapa, R170 by Kalahari.com)