Dis die wenners van Kokkedoor 1 se boek dié en dis slim ingedeel in 13 fesies soos ’’n boekklub-kuier, 21ste verjaardag, manne-aand, Sondagmiddag- ete, en so meer.

48974676_0_Img2

Vir elk is ’n spyskaart uitgewerk met lekker resepte en dekor-idees. Hoe klink dié kinderpartytjie: toffieappels, suursuiker, sjokolademousse-laagkoek, sout karamelspringmielies, pizzahorinkies en jelliewurmkoeldrank. Te lekker!

*Deur Tiaan Langenegger & Mynhardt Joubert. Human & Rousseau. R215*.