Hierdie kleurryke boek sal baie help met jou kind se voorbereiding vir skool en pas die basiese leerbeginsels prakties toe. Dis vir kinders ouer as vier jaar.

Met ’n uitwisbare pen, wat jy saam met die boek kry, kan jou kind basiese vorms na-teken en raaisels oplos.

Dit kan oor en oor op die gladde papier van die boek gedoen word, en so help dit die leerproses aan. Vee dit net skoon met ’n lap en begin weer.

Jonger kinders kan gehelp word deur ’n ouer of onderwyser omdat dit hulle penbeheer toets.

Die prente is kleurryk en die temas en speletjies behou jou kind se aandag.

Letters, syfers en uitdagende vorms soos eendjies en motors kan nageteken word.  Dit is ’n wonderlike manier om gehaltetyd saam met jou kleuter deur te bring en sommer sy of haar teken- en skryfvaardighede te ontwikkel.

Ander boeke in die Vee Skoon-reeks is Hoe Laat Is Dit? en Maklike Wiskunde.

WEN: Jy kan een van drie kopieë van Maak Gereed vir Skool wen.

SMS die uitgewer se naam, jou naam en adres teen 17:00 op 7 Oktober na 34922. ’n SMS kos R1,50. Die borg is verantwoordelik vir die versending.

Maak gereed vir skool

Priddy Books, R69

Ons dink: 3/5