Dit was haar stout plesiertjie: Soggens op die moltrein op pad werk toe het Erika Mitchell stilletjies haar hand in haar handsak gesteek, ’n boek uitgehaal en versigtig die omslag teruggevou sodat niemand kon sien wat sy lees nie.

Terwyl die trein van stasie na stasie in Londen kronkel, het sy haar verdiep in die blaaie van die erotiese verhale wat sy so graag gelees het.

Toe skryf sy self 'n trilogie boeke beskryf as "mamma-porno" wat tjoef-tjaf meer as 10 miljoen eksemplare wêreldwyd verkoop het.

En die rekords spat steeds. Erika is goed op pad om die verkope van Stephenie en die Harry Potter-skrywer, JK Rowling, verby te steek.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.

Volg Huisgenoot op Twitter.