Dit is vakansietyd en baie van ons kies koers om die kinders drie weke lank te vermaak.  

Dis ook winter, die tyd wanneer mens stil raak voor ’n knetterende vuur en staaltjies met mekaar deel. 

Jy is dalk in die wildtuin en stories en veraf dieregeluide is jou voorland. Malvalekkers en warm sjokolade is aan die orde van die dag.

Hier is liedjies wat julle tydens jul vakansie daar in die land van stilte, vure, stories en familie kan geniet.