Liefling is uiteindelik hier en Woensdagaand het ons plaaslike glanspersoonlikhede uiteindelik die kans gekry om haar in lewende lywe te ontmoet.

En natuurlik na die skitter vertoning deur van ons land se beste akteurs en sangers in Suid- Afrika se eerste volwaardige musiek rolprent te kyk. Reeds van vroegaand het glanspersoonlikhede soos Izak Davel, Brümilda van Rensburg, Pieter Koen en Arno Jordaan die rooitapyt deur getrap en teen die tyd dat die eintlike sterre van die aand opdaag was die partytjie reeds in volle swang.

“Ek het bietjie gestres maar die mense se reaksie was ongelooflik,” vertel Bobby van Jaarsveld na die vertoning by die Nu Metro Teater by Emperors Palace net buite Johannesburg.

Hy speel een van die hoofrolle en het trots saam met Liefling of eerder Lika Berning vir die kamera’s geglimlag.

Bobby speel die rol van Jan en lewer ‘n skitterende vertoning. Kyk ook gerus uit vir Kurt Darren, Anna Davel, Willem Botha, Elize Cawood en Rouel Beukes