Dit is die gevolgtrekking wat dr. Julian de Silva van die sentrum vir gevorderde kosmetiese en plastiese gesigchirurgie in Londen gemaak het nadat hy die jongste gesigkarteringstegnieke toegepas het. Die kosmetiese chirurg het in die besonder die Griekse goue verhouding van skoonheid, pi, gebruik – ’n wiskundige verhouding wat inherent in die mooiste goed ter wêreld voorkom. Hoe werk die antieke formule? Sonder om te tegnies te raak, het Julian en sy span die volmaakte verhouding gesoek deur 12 sleutel-“merkerpunte” te gebruik – onder meer die lippe, neus, oë, wenkbroue, ken, voorkop en gesigsvorm.

Met dié wiskundige formule het die 30-jarige Amber se gesig ’n ooreenstemming van 91,85 persent gewys – meer as die glansrykste bekendes ter wêreld, soos Kim Kardashian, Kate Moss en Selena Gomez.

Die karteringstegniek het ook getoon Kim K het die mooiste wenkbroue, Emily Ratajkowski die beste lippe, Scarlett Johansson die beste oë en Rihanna die mooiste gesigsvorm.

Kyk na van die bekendes wat die lys van mooiste gesigte gehaal het.

1. Amber Heard, 91,85 persent

2. Kim Kardashian, 91,39 persent

3. Kate Moss, 91,06 persent

4. Emily Ratajkowski, 90,8 persent

5. Kendall Jenner, 90,18 persent

Nog glansmense wat die lys gehaal het:

6. Helen Mirren, 89,93 persent

7. Scarlett Johansson, 89,82 persent

8. Selena Gomez, 89,57 persent

9. Marilyn Monroe, 89,41 persent

10. Jennifer Lawrence, 89,24 persent

Kan jy dalk een van die mooiste gesigte in die wêreld wees? Klik hier om jou goue verhouding-gesigtelling te bepaal.

Bronne: dailymail.co.uk, elitedaily.com, nzherald.co.nz