Dit kan tot verskeie laatnaggesprekke en diskoerse lei.

Grease (1978) se “Sy lyk te rein om pienk te wees” Olivia Newton-John en Patrick “Niemand sit ‘Baby’ in ’n hoek nie” Swayze in Dirty Dancing (1987) was natuurlik onvergeetlik jolige flieks wat fliekgangers wêreldwyd bekoor het.

Maar eintlik was die 1990’s die tyd toe disko en divas die silwerdoek oorheers het.

Dit was veral ’n bloeityd vir musiekflieks waarin met oorgawe gedans, ge-jive en gewriemel is. Elkeen van die passies, of dit nou ’n toentertydse klopdanse of Michael Jackson se maanloop was, het hul eie bekoring ingehou. Dis met oorgawe deur oud en jonk nageboots waar die geleentheid hom ook al voorgedoen het.

Dit het oorgespoel na in die nuwe millennium met flieks soos High School Musical (2006), waarin die aantreklike Zac Efron en Vanessa Hudgens opgetree het en nog ’n paar “nuwelinge” wat die voete laat jeuk het om saam te dans.

Lees ook: Kom vier Huisgenoot 100 by vanjaar se KKNK

Nou het Robert Jones, wat hom op sy YouTube-kanaal as ’n videoregisseur van Las Vegas beskryf, nie minder nie as 92 flieks uit verskillende dekades saamgegooi om ’n fenomenale opgewekte musikale reis deur dié flieks saam te stel. En C+C Music Factory se Gonna Make You Sweat (Everybody Dance Now) wat in 1990 uitgereik is, is die perfekte pasmaat vir dié joligheid.

Hoeveel van die flieks het jy herken?

Bronne: parade.com, time.com, imdb.com

– Saamgestel deur Annelene Oberholzer