Die seuntjie is verlede jaar in Litaue gebore en hy het sy tante eers op ’n besoek aan Montreal in Kanada vir die eerste keer gesien.

Sy verwarring is duidelik sigbaar agter die groot oë en en glimlagge, so asof hy probeer om sin te maak van die situasie.

Die video het virusstatus bereik en dit is meer as ’n miljoen kere besoek sedert dit op 27 Mei deur die YouTube-gebruiker, Dainus Sileika, geplaas is.

Die beskrywing lui: “My 10 maande oue seun het so pas my vrou se tweelingsuster vir die eerste keer ontmoet. Sy reaksie is skreeusnaaks.

Kyk na die video hier onder.