DIS die rolprent wat vanjaar die meeste opspraak gewek het. As jy dit nog nie gesien het nie, bewys jouself ’n Kersguns! Dié onbeskaamd trots Suid-Afrikaanse fliek sal jou breed laat glimlag.

Vlugtelinge van ’n ander planeet – aardbewoners noem hulle “prawns” – raak gestrand in Johannesburg. ’n Burokraat, Wikus van der Merwe (Copley), is in beheer van hul verskuiwing na ’n ander plek. Toe die ruimtewese-geen hom besmet en hy superkragte ontwikkel, begin allerhande sinistere magte hom agtervolg...

Wetenskapsfiksie. Met Sharlto Copley, David James en Kenneth Nkosi. Regie: Neill Blomkamp. 2009. 108 min. 16TG.