Dis presies wat met die BBC TV-aanbieder Louise Lear gebeur het. Weernuus kan soms maar droog wees, maar vir eens was dit ’n skreeusnaakse aanbieding.

Sy het in alle waarskynlikheid gewens die aarde wou haar insluk. Maar helaas, die weerberig moes afgehandel word.

Met tipiese droë Britse humor het die nuusleser, Simon McCoy, aangekondig dat hulle dalk vir Louise “verloor” het. Hy het self maar gesukkel om nie ook kliphard aan’t giggel te gaan nie.

Wat die petalje voorafgegaan het, kan daar net oor gegis word. Maar een ding is seker: hierdie weerberig sal geensins vir die donderstorms en reënbuie onthou word nie. Maar wel vir die lagbuie!

Terloops, Suid-Afrika se Mnr. “koel, kalm en altyd in beheer”-veteraan, Riaan Cruywagen het selfs toentertyd so beheer verloor dat die land saam moes skater van die lag.

Loer gerus hier: