Die boek is so mooi ’n mens is amper te bang om daarin te skryf, maar dis waarvoor dit bedoel is.

Herb-Journal-Afrikaans (1)

Ek het nie geweet die kruievrou is ook ’n kunstenaar nie – al die delikate illustrasies van kruie en blomme op die blaaie is deur haar gedoen.

Margaret beskryf die kruie en gee in sommige gevalle ook kort resepte en raad soos dat jy papawersaad by jou brood- of skondeeg kan voeg.

*Deur Margaret Roberts. Struik Nature. R108*.