Kosblik, 'n bundel kortverhale deur skrywers, digters, joernaliste, koskenners en woordvrate, is pas bekendgestel. "Dit het ontstaan om 'n tafel, natuurlik: die idee van 'n versameling skrywersblikke op kos,” skryf die samesteller, Nicole Jaekel Strauss. “ 'n Tafel vol leeg geëete bakke en halfvol glase en met ’n blad wat glim in die lig van ’n korterige kers.”

Dis ’n uiteenlopende spyskaart waaraan jy jou versadig kan smul!

Op die foto is net enkele van die bydraers tot Kosblik: Agter is Nicole Jaekel Strauss, Marie-Louise Rousseau, Wilna Adriaanse, Melvyn Minnaar, Francois Smith en Martie Retief Meiring. Voor is Nanette van Rooyen, Helena Gunter, Zandra Bezuidenhout en Izak de Vries.

Lees die storie in Huisgenoot van 29 Augustus. Kyk die video: http://www.huisgenoot.com/hg-tv/die-skrywers-van-kosblik-kortverhale-oor-kos/