Ons gewilde maandelikse seksie Huisgenoot-boeke kom met nog ’n nuutjie vir julle vorendag: Boekkuiers waar julle jul gunsteling-skrywers kan hoor gesels oor hul jongste boek, ’n smaaklike ete geniet en agterna jul boeke kan laat teken.

Ons spring op ’n hoë noot weg met die geliefde skrywer Marita van der Vyver wat haar jongste boek, Dis Koue Kos, Skat, bekendstel. En weer is dit ’n roman wat jy teen die einde met ’n swaar hart gaan neersit. Clara, die sterk  vrouekarakter, se man los haar.

As jy al hierdeur is, gaan jy dink Marita vertel jóú storie, so lewensgetrou is dit. Dalk neem jy ook soete wraak soos Clara en basuin al jou stories in briefvorm uit.

Marita kom in Mei uit Frankryk kuier en jy kan haar by ’n Huisgenoot-Boekkuier in Kaapstad of Pretoria ontmoet. Ons boekeredakteur, Elna van der Merwe, gaan ’n gesprek met Marita voer, en agterna kan julle die vrae vra waarop julle nog altyd antwoorde wou gehad het.

Die Boekkuier kos R160 en hierby ingesluit is middagete, drinkgoed en ’n geskenksak van R200 met die komplimente van NB Uitgewers en Leserskring.

Dis Koue Kos, Skat, wat gewoonlik R185 kos, sal hier teen R160 verkoop word.

In die Kaap

Datum: Saterdag 8 Mei, 11:00

In Pretoria

Datum: Saterdag 22 Mei, 10:30

Besprekings

Kontak Annelene Oberholzer by 021-406-3831 of aoberhol@you.co.za.

Besprekings moet binne 24 uur bevestig word met die bewys van betaling. E-pos dit aan Annelene of faks dit na 021-406-2937 (merk dit vir Annelene se aandag).

Ons bankbesonderhede is: Media24-tydskrifte, Nedbank, takkode 100909, rekeningnommer 1009535234. Jou verwysing is jou voorletters, van en die woord BOEK.