“Ek moes baie navorsing doen oor die klimtol,” vertel Etienne van Heerden by die Stellenbosse bekendstelling van sy nuutste roman, Klimtol. Hy haal sy rooi "Alles is beter met groot, groot Coke"-klimtol uit sy baadjiesak.

“Ek het hom gekry, ek sweer dit was 1964 of 1963 op Cradock toe die rooibaadjiemanne aangekom het en vir ons almal klimtolle gegee het. Dit was net die wit seuns en meisies wat klimtolle gekry het . . .

“Die klimtol het geweldig ontwikkel. Die heel modernes het nou koëllaers oftewel ball bearings. Dis ontsettend duur as jy 'n baie goeie een kry om te gebruik in kampioenskappe. Dit het `n baie gesofistikeerde ding geword.’’

Daar is twee Afrikaanssprekende kampioene oorsee, verklap Etienne. “Daar is iets meer as net rugby [waarin ons uitblink]!”

Klimtol is ’n storie oor ’n moord en die mense wat daarby betrokke is. ’n Storie oor trieks, liefde en skuld. Oor waar jy jou bevind as jy heeltemal buite alles is. As jy nêrens inpas nie. As die hele dorp teen jou draai.

-- Pieter van Zyl

Klimtol (uitgegee deur Tafelberg) kos R220 by kalahari.com