Ons het vir Paasfees spesiaal hierdie inkleurprent ontwikkel sodat jy en die res van jou gesin kreatief kan ontspan dié langnaweek. 

In die inkleurprent het ons ’n silhoee¨t in al die driehoeke weggesteek. Om dit te vind moet jy al die driehoeke wat kolle bevat, in dieselfde kleur inkleur. Die res kan jy aan jou verbeelding oorlaat. Onthou, hoe meer haas, hoe minder spoed . . .

Klik op die prentjie om dit gratis af te laai en druk soveel uit as jy nodig het. 

Jou gratis Paasfees-inkleurprent

  • Vir nog van hierdie unieke inkleurprente kan jy Huisgenoot-Ontspan in die Huisgenoot-winkel bestel - dis ’n nuwe aktiwiteitstydskrif vir grootmense propvol fantastiese inkleurprente, doolhowe, soekspeletjies en verbind-die-kolletjies-raaisels. Dis presies wat jy nodig het om ná ’n besige werkdag van jou stres ontslae te raak! Koop dit en begin ontspan!
  • Kry Huisgenoot-Ontspan ook hier op My Subs.

Huisgenoot-Ontspan