Rea le Roux huisskoonmaak

In dié video dans sy onder meer heel uitlokkend met ’n besem in die kombuis terwyl sy sing: “Die besem is nou my beste maat.”

En dan gee sy die besemstok een van dáái lekke . . . so reg in die styl van Miley Cyrus.

Ja, hiérdie liedjie is inderdaad ’n parodie op Miley se treffer Wrecking Ball, vertel Rea ons.

“In die koorgedeelte klink Miley nogal erg gefrustreerd. Dit is toe dat ek wonder wat frustreer vroue die meeste. Dalk huis skoonmaak? En so is die lirieke vir Gatvol vir Huisskoonmaak gebore!”

Sy sing verder met ’n gepynigde uitdrukking: “Ek skrop die vloer, ek was, ek spuit al weer daai ruit; my hande lyk vodde en gedaan.”

Rea bieg dat sy self teen dié tyd van die jaar al “baie gatvol is vir huis skoonmaak”, maar sy sien uit na ’n lekker rustige vakansie aan die KwaZulu-Natalse kus.

Volgende jaar beplan sy haar vierde soloalbum, asook nog ’n paar parodieë met onder andere Kaptein Skuim.

Deur Jaco Hough-Coetzee

Kyk die video hier: