Kat Graham

Sy vertel:

  • Ek het geweet die liedjie kan op verskeie maniere uitgebeeld word. Daar was die weerlose voorkoms, ’n swart-en-wit ode aan die fotografie van die 90’s in die styl van Herb Ritts. Ons het dit vir die liriekvideo gebruik. Dan was daar die dapper mode-, byna kostuumagtige aspek van die liedjie – ’n meer letterlike benadering en ’n dieper uitbeelding van die lirieke.

  • Ek hou van vervaardiging; dis iets wat nie baie mense van my weet nie. Ek het die idee gehad om dit self te stileer.

  • Ek wou beelde hê wat by die lirieke pas. Ek het gedink dis sterk om jou emosies naak weer te gee. Dis waarom ons die soliede goue voorkoms gedoen het. Dit het twee dae geneem om daardie goud uit my hare te kry, maar dit lyk of dit die moeite werd was.

  • Van die borsplaat met die swart agtergrond: Ek en my beste vriendin, Alissah Brooks, het dit gemaak. Ons het dit in my motorhuis gespuitverf. Die res was alles gehuur, behalwe vir die kopstuk, wat eintlik ’n skouerstuk was wat ek en Alissah gemaak het  — dis ’n klomp van my halssnoere wat saam met goue knope daaraan vasgewerk is.

Bron: katgraham.com