Soos baie ander raaisels moet gebruikers die waarde van elke blom uitwerk om by die antwoord uit te kom. Sommige meen dit het te make met die blom se blaartjies. Dié wiskunde-probleem is op die Facebook-blad Trending in China gedeel en meer as ’n duisend Facebook-gebruikers het dit al op hul eie blad gedeel. Tot dusver is die antwoor nog ’n raaisel. Trouens een wiskunde-onnie, ’n ene Professor Puzzler, meen hierdie probleem kan glad nie opgelos word nie. “Daar is nie regtig ’n antwoord nie,” hou hy vol.

Die probleem is egter dat die blou blom in die laaste ry een minder blaartjie het as in die vorige rye en die geel blom in die laaste ry slegs een blom is en nie twee blomme soos in die vorige ry nie.

Dink jy jy het dit in jou om die regte antwoord raai?

Bronne: facebook.com, mirror.cu.uk