Slangvangers aan Australië se Sonskynkus het ’n internetsoektog na die reptiele van stapel gestuur deur ’n foto te plaas van waar hulle in ’n gesin se woonkamer wegkruip.

Sunshine Coast Snake Catchers 24/7, van Maroochydore, het die foto van die oorvol vertrek op hul Facebook-blad gelaai en kommentators uitgenooi om die slange op te spoor.

Op 6 Julie het hulle hul volgelinge uitgedaag met die inskrywing: “Soek die slang! Bonuspunte vir spesies EN hoeveel slange daar is?Kom kyk môre weer na dié inskrywing vir antwoorde.”

Die meer as 100 kommentators wat die uitdaging aanvaar het, het slange oral in die vertrek gesien.  

Een gebruiker het die foto weer geplaas met ’n rooi sirkel om die koffietafel. 

Ene Elaine Dewet het gevra: “Op die vloer langs die eetkamertafel?” 

Sheena Lightbody het gesê: “Is daar drie? Een op die tafel, een langs die TV en een in die plafon.”

Molly Jean het geraai daar is ’n hand vol: “Vyf. Drie lyk soos matte, terwyl twee soos boomslange lyk? Moontlik sesde slang wat onder die rusbank uitkom langs die wit ding.”

Die slangvangers het die foto weer geplaas saam met ’n nabyfoto wat wys waar twee bruin boomslange in die dakbalke skuil.  

Verskeie mense het toe verheug laat hoor hulle het reg geraai. 

Bruin boomslange is giftig en maak dikwels jag op voëls, akkedisse, vlermuise en klein knaagdiere. 

Hulle word gewoonlik 90 cm tot 1,8 m lank en kan uiters gevaarlik wees vir jong kinders.  

Hier's hulle!

Daar's hulle! Foto: Magazine Features