Dit is wat ’n paar honderd Twittergebruikers die laaste paar dae laat kopkrap het nadat ’n ander gebruiker onder die naam SssnakeySci ’n foto getwiet het.

Volgens haar biografie is sy ’n biologiestudent van Florida (Amerika) wat besig is met haar doktorsgraad in die bestudering van slange.

Op die foto lyk dit na net ’n hoop droë gras, maar SssnakeySci het haar volgers uitgedaag om die gekamoefleerde slang te vind.

Dit was egter geen maklike taak nie. Milton W. Oldman se kommentaar dat hy niks behalwe blare sien nie, is deur baie ander gebruikers beaam.

Eers toe ’n volgende foto waarop die slang se posisie gemerk is ’n paar dae later geplaas word, kon mense die gevaarte sien. Girlyratfish het geskryf: “Bly kyk! As jy hom eers gesien het, is hy baie duidelik!” En Nash Turley sê: “Dit was moeilik om raak te sien, baie oulik!” SssnakeySci se twiet is intussen sowat 270 keer hertwiet terwyl meer as 400 mense van die plasing gehou het.

As jy die antwoord wil hê, klik hier.