Daar skuil inderdaad ’n kind in hierdie foto wat op die oog af lyk soos net nog ’n hoop rotse teen ’n potblou agtergrond. Boonop staan die kind en wuif!

Die Imgur-gebruiker visualburrito het die tergende foto op sy blad gedeel. Kort voor lank het sy volgelinge hom gesmeek om hulle te wys waar die kind wegkruip.

Kan jy die kind in die foto vind? As jy vasbrand, gebruik die glybalkie om te sien waar hy skuil.