Een sjef is daarop uit om hierdie indrukke te verander met haar skeppende gebak – wat selfs net visueel genoeg is om vleisliefhebbers se monde te laat water.

Juliana, van Berlyn, is al vir die afgelope 15 jaar ’n veganis en deel haar kleurvolle skeppings op haar Instagram-bladsy.

Haar koeke, wat sy by voedselmarkte, kafees en aanlyn verkoop, word onder andere gemaak van neute, droë vrugte, avokado’s en kokosneutroom.

Haar bolae is van marsepein, eetbare blomme, kokosneutskaafsels en vrugte gemaak.

Haar voortreflike veganiese koeke is ’n lus vir die oog:

Bronne: Metro.co.uk, boredpanda.com