‘n Sappige waatlemoenrok en ‘n rok gemaak van tamatiesous en slaptjips.

French fries ?? Hope you like it. Comment what you think about this one.

A post shared by EdgaR_ArtiS (@edgar_artis) on

Edgar van Armenië gebruik alledaagse voorwerpe en kossoorte om die mees smaaklikste en hoë-mode rokke te skep. 

Purple cabbage couture???? What do you guys think? Sending love to each of you with this beautiful peace. ??

A post shared by EdgaR_ArtiS (@edgar_artis) on

Die 23-jarige kreatiewe man maak gebruik van onder meer sjokolade, suurlemoenskyfies, blomkool en avokado om sy gestileerde papieruitknipsels kleur en ‘n tikkie mode te gee.

Toe Edgar jonger was, het hy aansoek by ‘n kunsskool aansoek gedoen, maar is afgekeer. Hy is vandag ‘n internetsensasie met byna 700 000 volgelinge op Instagram en meer as 65 000 volgelinge op Facebook.

Die kunstenaar vra ook baie vir sy volgelinge op sosiale media oor wat hulle volgende op een van sy papiermodelle wil sien. 

Artis laat dan absoluut enigiets wat hy gryp, stylvol op dié papieruitknipsels lyk. 

Een van sy nuutste inskrywings op Instagram is van ‘n vye-rok, wat hy “vy couture” noem. Net oor die 53000 mense het van dié foto op Instagram gehou.

Wie sou nou kon dink jy kon kos, sommige ongesond, en mode op so ‘n kreatiewe manier kombineer. 

Bronne: Buzzfeed, .boredpanda.com, finedininglovers.com