Niks is so lekker soos oorskietpizza nie – nie waar nie?

via GIPHY

Maar dis beslis nie so lekker as dit ’n pappery is nie. En dis ongelukkig wat soms gebeur as jy dit in die mikrogolfoond verhit. Toemaar, daar is ’n ander manier. Roberta’s Pizza in New York het in ’n Reddit-inskrywing, wat sedertdien vinnig versprei het, vertel wat die beste manier is om pizza te verhit. En dis eintlik heel eenvoudig. Soos die infografika onder wys, benodig jy ’n kleefvrye pan. Nadat jy dit op matige hitte aangeskakel het, laat die pizza 2 minute lank daarin bak of tot die onderkant bros is.

How To Reheat Pizza (according to the take-out menu from Roberta's in Brooklyn, NYC) from food

Voeg dan twee druppels water in die pan by, weg van die pizza. Bedek die pan en los dit vir nog ’n minuut daarin.

En siedaar! Die volmaakte opgewarmde oorskietpizza.

via GIPHY